Priesterorde van Melkisedek

GENESIS 14:18
Melkisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring

GENESIS 14:20
Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.” Toe het Abram vir Melkisedek ‘n tiende van alles gegee.

PSALMS 110:4
Die Here het ‘n eed afgelê en Hy sal dit nie herroep nie: “Jy sal altyd priester wees in die priesterorde van Melkisedek.”

HEBREËRS 5:6
En op ‘n ander plek sê Hy: “Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melkisedek.”

HEBREËRS 5:10
en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melkisedek.

HEBREËRS 6:20
Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melkisedek.

HEBREËRS 7:1
Melkisedek was koning van Salem en priester van God die Allerhoogste. Dit is Melkisedek wat vir Abraham tegemoet gegaan en hom geseën het toe Abraham op pad terug was nadat hy die konings verslaan het,

HEBREËRS 7:2
en dit is ook aan hom dat Abraham ‘n tiende van al die oorlogsbuit gegee het. In die eerste plek, sy naam Melkisedek beteken: koning van geregtigheid; en hy was ook koning van Salem, en dit beteken: koning van vrede.

HEBREËRS 7:6
Maar Melkisedek, wat nie van Levitiese afstamming was nie, het van Abraham ‘n tiende geneem en hom, aan wie God sy beloftes gegee het, geseën.

HEBREËRS 7:8
In die geval van die Levitiese priesters is dit sterflike mense wat tiendes invorder, maar in die geval van Melkisedek iemand van wie getuig word dat hy lewe.

HEBREËRS 7:9
‘n Mens kan sê dat ook Levi, wat tiendes invorder, deur Abraham aan Melkisedek die tiende gegee het,

HEBREËRS 7:10
want Levi was nog in die liggaam van die stamvader toe Melkisedek vir Abraham tegemoet gegaan het.

HEBREËRS 7:11
Dit was in samehang met die Levitiese priesterskap dat die volk die wet van Moses ontvang het. As hierdie priesterskap volmaaktheid kon bewerk, waarom was dit dan nog nodig dat ‘n ander priester volgens die priesterorde van Melkisedek aangestel moes word, van wie daar nie gesê word dat hy ‘n priester volgens die orde van Aäron sou wees nie?

HEBREËRS 7:15
Die saak word nog duideliker as ons daaraan dink dat die ander priester wat te voorskyn tree, ooreenkom met Melkisedek,

HEBREËRS 7:17
Van Hom word getuig: “Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melkisedek.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s