Die Jaar 6109 – 2020

Die 1ste dag van die 1ste maand Nisan volgens die kalender van ons voorvader Henog val vanjaar jaar op die 18de Maart 2020.

1ste dag van die 1ste maand Nisan – 18de dag van die 3de maand Maart.

Dit is die 1ste dag van die 1ste maand van die jaar 6109 sedert die skepping van Adam.

Volgens die Woord is Adam 6109 jaar gelede geskep en ons tel die jare chronologies volgens die inligting wat in die Woord tot ons beskikking is. Dit is moontlik om die jaartal foutloos te bereken.

Die regte bybelse kalender is natuurlik nodig as ons die korrekte Feesdae van die Vader wil nakom. daar bestaan eindelose onenigheid aangaande wie die regte kalender het en volg. Volgens my navorsing oor ‘n tydperk van 10 jaar is ek oortuig dat die Kalender van Henog die regte datums keer op keer vasstel – ek sal graag ‘n skematiese kalender vir die jaar 6109 saamstel en publiseer.

Ons hemelse Vader het in sy groot wysheid nie name aan die dae en maande van die jaar gekoppel nie, maar slegs ‘n nommer, want Hy het geweet dat die gevalle mens wat altyd tot afgodsdiens geneig is die dae en maande na sterre, planete en afgode sou vernoem. Die hebreeuse name wat vandag aan die maande van die jaar gekoppel is, is nie in ooreenstemming met die wil van ons Vader nie – so ek sal waar moontlik slegs na die maand se nommer verwys en nie na die mensgegewe naam nie.

Volgens die kalender van Henog het elke maand 30 dae en elke 3de maand het 31 dae. Die ekstra 4 dae is die dae van die lente-, somer-, herfs- en wintersonstilstand. Dit gee ‘n totaal van 364 dae.

Die kalender van Henog is op die sonsiklusse basseer en die Joodse kalender is op die maansiklusse basseer. Hulle kalender is natuurlik hopeloos verkeerd en boonop moet hulle elke paar jaar ‘n 13de skrikkelmaand by hulle kalender inlas om die tyd te probeer behou – ‘n onbybelse en korrupte stelsel.

Teken gerus in op die webwerf om die kalender te bekom wanneer dit vrygestel word.

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s