Yahuah se Tydtafel – Diagram

Tydtafel

Yahuah se Tydtafel – Henog se Kalender – 6 Skeppingsdae -50 Weke – 7 Jaarweke – 12 Maande – deur Jacus Müller – Wilde Olywe

Ek het Yahuah se Tydtafel ontwerp om kloksgewys te lees.

Elke dag begin met sononder en eindig weer met sononder en dit word voorgestel deur die buitekanste 7 kante wat in swart en geel verdeel is. Die swart stel die nag voor en die geel stel die sonskynure voor. Daar is 7 dae in die week en hulle het GEEN NAME nie. Dit is bloot Dag 1 en Dag 2 ensovoorts. Die 7de Dag is die Sabbat van Yahuah – geen ander dag is die Sabbat nie, want Yahuah ons Vader het die 7de Dag geseën en geheilig – geen een van weeksdae is geseën en geheilig tot Yahuah se rusdag nie.

Volgens Henog se Kalender het die Bybeljaar 50 weke wat in 7 groepe van 7 weke elk verdeel word – 49 weke +1 week maak dit 50. Die Jaar het ook ‘n Sabbat – dit is die Fees van Weke en Pinkster is die hoogtepunt van die Fees van Weke. Die Fees van Weke is ‘n tydperk wat begin op die opstandingsdag van Jesus uit die dood – dit is op die Fees van Eerste Vrugte. Van daardie dag af tel ons 7 Sabatte – dus 7 weke – of 49 dae + 1 dag – 50 dae. Op die 40 ste dag het Jesus opgevaar na die Hemel en op die 50ste dag is dit Pinkster.

Ons is tans in hierdie siklus. Vandag is die 11de Dag van die 2de Maand (25 April) en ons tel die 7 weke oftewel die 50 dae van die Fees van Weke sedert die 5de Dag van die 1ste Maand. Vandag is dus dag nommer 21 en die 3de Sabbat van die 7 weke. Pinkster is op die 8ste dag van die 3de Maand (24 Mei).

Dit is ook hoe die Jubileum van Yahuah getel moet word. Dit is 49 jaar en die 50ste jaar is die Jubileum.

Lev 23:15  Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees; 
16  tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ‘n nuwe spysoffer aan die HERE bring. 

Die offer wat ons voor die Vader bring is ons gellof in die voltooide werk van Jesus die Lam van God aan die kruis. Hierdie Fees van Yahuah is soos al die ander feesdae en die Sabbat ‘n ewige instelling – dit het nie verval soos jou vals herder jou geleer het nie.

21  En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte

Die binneste Rooi segmente stel die 12 maande van die Jaar voor. daar is nooit 13 maande in die jaar soos die Rabbis van die Sinagoge van Satan ons wil wysmaak nie. Hulle volg ‘n maankalender wat nooit die ware tye van die Vader aan hulle sal bekendmaak nie, juis omdat hulle sy Seun verwerp, hou die Vder hulle blind vir sy wonderbaarlike waarhede.

Die maande van die Jaar het GEEN NAME nie – die name wat aan die maande gegee is deur die Rabbis is vals en teen die wil van ons Vader Yahuah en in stryd met sy opdragte. Dit is bloot die 1ste Maand en die 2de Maand ensovoorts.

 

Jacus Müller